^Terug na bo
logo
foto1 foto2 foto3 foto4 foto5
  
  
Get Adobe Flash player

vONNIE ADVERTENSIE

Kontak ons

Vonnie
Posbus 25762
Langenhovenpark
9330.
Faks: 0866 590 272
E-pos: abc@vonnie.co.za

Algemeen

VONNIE-INLEIDEND behels eerstens DRIE-LETTER-WOORDE gerig op graad 1 vanaf die eerste kwartaal.

(Graad 2 leerders wat ’n agterstand in graad 1 getoon het, betreffende lees, sal beslis ook hierby baat vind.)

Dit is van uiterste belang dat graad 1 leerders die SPELFLITS as volg sal hanteer:

  • Leerders MOET poog om drie-letter woorde te lees SONDER om te klank – vanaf graad 1 se derde kwartaal. Indien hy/sy egter by ‘n langer en moeiliker woord huiwer, mag die woord geklank word.
  • Die leerder moet onthou dat hy/sy teen tyd werk. Die tydsindikasie is juis verstelbaar vir die ouer/voog/terapeut. Maak ALTYD seker hierdie program is vir die leerder ’n uitdaging – dus indien hy/sy met gemak teen ’n sekere spoed lees, verstel ALTYD na die spoed wat net vinniger is.
  • Hierdie program se tydsindikasie MOET derhalwe ALTYD so gestel wees dat die leerder GEDWING word om vinniger te lees as wat hy/sy gemaklik kan lees. Dit ontwikkel juis die LEESSPOED op hierdie wyse. Indien hierdie afdeling soos bo vermeld hanteer word, sal U verbaas wees oor die leerder se resultate en tempo wat letterlik weekliks verbeter.

Tempo sal verbeter

Vonnie C

Indien hierdie afdeling soos voorgeskryf hanteer word, sal U verbaas wees oor die leerder se resultate en tempo wat letterlik weekliks verbeter.

 

 

Memoriseerders

Hierdie ouderdom LEERDERS is die beste memoriseerders.

Hulle leer hul SPELWOORDE se volgorde, asook kort sinnetjies, blitsvinnig uit die kop en sê dit dan woordeliks op tewyl ons as volwassenes dink dat hulle kan lees!

Om hierdie probleem so ver moontlik die hoof te bied, selekteer VONNIE-INLEIDEND telkens ‘n ander volgorde woorde van ‘n spesifieke groep SPELWOORDE.

Let gerus daarop of die LEERDER hierdie “geskommelde“ woorde klank of nie.

Indien wel – HERHAAL hierdie woorde totdat die leerder dit kan herken en VINNIG lees sonder om te klank.

So maak ons derhalwe seker dat hierdie woorde in die langtermyn geheue gestoor is.

Lees is tog die herinnering van woorde, maar ons moet ook 100% seker maak dat die leerder kan klank – ten einde hom-/haarself te kan help, indien ’n lang of vreemde woord sou voorkom.

Kopiereg‚ © 2014. VONNIE Alle regte voorbehou.