SPEL & LEESSPOED

Vonnie 1HARTLIK WELKOM BY VONNIE-INLEIDEND vir graad 1, 2 en 3!

Die korttermyn doelwit van Vonnie-inleidend is om graad 1, 2 en 3 se spel, lees en leesspoed EFFEKTIEF en OPTIMAAL vas te lê, sodat graad 4 se leerwerk, makliker en vinniger hanteer kan word.

Die langtermyn doelwit van VONNIE-INLEIDEND is om ‘n liefde vir lees by die jong LEERDER te vestig en die blywende resultaat hiervan is sigbaar reg deur die LEERDER se skoolloopbaan en selfs daarna tydens sy/haar studente dae!

Aan alle LEERDERS wat nie die geleentheid het om by ons praktyk in te skakel nie, bied ons nou die STUDIE ONTWIKKELING & REMEDIëRENDE HULPDIENS op visuele media.

Vonnie 2DIE VONNIE-PROGRAM

Die Vonnie-program is saamgestel vir leerders:

  • Wat hul spel- en lees vaardighede wil ontwikkel
  • Met leerprobleme
  • Met ATS (ADD) en / of ATHS (ADHD)
  • Wat ernstig is met hul akademie, want spel is lees en lees is leer!
  • Wat sukkel om te fokus/konsentreer as gevolg van spanning/konflik/trauma, soos bv. egskeiding;
  • Wie se ouers bekommerd is oor hul skoolwerk
  • Wat graag hul gemiddelde persentasie wil verbeter.