^Terug na bo
logo
foto1 foto2 foto3 foto4 foto5
  
  
Get Adobe Flash player

Vonnie Syferflits

Vonnie Syferflits

Kontak ons

Vonnie
Posbus 25762
Langenhovenpark
9330.
Faks: 0866 590 272
E-pos: abc@vonnie.co.za

Syferflits

Vir vele ouers en kinders is die memorisering van TAFELS werklik ‘n kopseer. Dit is juis as gevolg van die algemene probleem om tafels te memoriseer, dat VONNIE SYFERFLITS die lig gesien het.

Vonnie numbers 1

Prestasie-doelwit

Ons ervaring die afgelope byna 14 jaar is dat leerders werklik sukkel om tafels te memoriseer sonder ‘n spesifieke PRESTASIE-doelwit.

Dit is om hierdie rede dat VONNIE SYFERFLITS die tafels aanbied op ‘n FLITS-metode, wat HERHAALDELIK die tafels aanbied ten einde telkens ‘n SO-GOED-AS-MOONTLIK verslag/rapport op te bou.

Wanneer leerders met ‘n PRESTASIE-doel tafels LEER, met ander woorde, met die doel om tydens hierdie poging MEER as byvoorbeeld 55% soos die vorige keer, te behaal – KONSENTREER hulle werklik vir die eerste keer!
Die doel van die VERSLAG/RAPPORT is dus dat die leerder elke keer beter sal vaar TOTDAT hy/sy 100%


Indien ‘n leerder telkens 100% vir byvoorbeeld onderskeidelik die 6X, 7X en 8X tafels behaal, word hierdie 3 tafelsVonnie numbers 2 GEKOMBINEER en die leerder kry weereens HERHAALDELIKE blootstelling aan ‘n PRESTASIE-doel poging!

Indien die leerder ‘n 100% vir hierdie kombinasie oefening behaal het, word hy/sy blootgestel aan alternatiewe oefeninge wat plus, minus, vermenigvuldiging en deling bevat.

Die beginsel wat VONNIE SYFERFLITS dus toepas, is geskoei op

  • MOTIVERING,
  • KONSENTRASIE,
  • PRESTASIE en
  • MEMORISERING (langtermyn geheue).

Leerders wat VONNIE SYFERFLITS effektief deurloop het, se Wiskunde punte verbeter beslis en hulle onthou hierdie tafels werklik vir altyd…..

Kopiereg‚ © 2014. VONNIE Alle regte voorbehou.